Tuis

"Hipersupermega!"

Die Elle reeks

Ander Boeke

12239509_904393116281461_6152041358844397593_n

—“Vyf jaar van nou af, gaan jy die produk wees van die mense wat jy ontmoet het, die keuses wat jy gemaak het en die boeke wat jy gelees het.”

– Russiese spreekwoord.

Christien het grootgeword op Bloemfontein en Pretoria.  Sy woon tans saam met haar man in Sandton.  Sy het ‘n  BA graad in Spraakheelkunde, Hons graad in Frans en M in Toegepaste Linguistiek (UJ).

Christien werk deeltyds as Spraakterapeut en skryf tussendeur.  Naweke ry die gesin graag fiets.  Met hul padfiets-tandem het hulle al meeste van die groot wedrenne in die land gery, maar ook die Tour de France in 2014 gevolg!  Met die bergfiets-tandem is hulle al oor die Swartbergpas tot in die Hel en terug!  Christien se ander storkperdjie is Frans:  Sy neem sedert skooldae Frans en gaan steeds weekliks vir gespreksklas.